“First, the church isn’t ours; it’s God’s. And second, it isn’t ours; it’s us” McLaren
Wat ook al van die Kerk gesê word, hoe ons as Kerk funksioneer en leef – dit moet altyd gedoen word met hierdie woorde van McLaren in gedagte. Die gesindheid waarmee ons na mekaar kyk en met mekaar verskil is juis dit wat vertel van ons volwassenheid in Christus. “Die kriterium waarmee julle oordeel, sal ook vir julle self gebruik word” (Matteus 7:2) . Gelowiges vanuit verskillende kerklike agtergronde, met verskillende dogmatiese tradisies en oortuigings, aanbid en dien die Here saam in 'n geloofsgemeenskap sonder enige teologiese spanning. Terwyl daar ruimte gebied word vir verskeie denkrigtings en elkeen se eie pad met God gebied word, gaan dit vir elke gelowige om 'n verhouding met God deur Jesus Christus en die leiding van die Heilige Gees. Verder gaan dit oor verhoudings tussen medegelowiges en 'n missionale praksis in die gemeenskap.